Kaapstad se werkskepping-pogings werp vrugte af

Die Stad Kaapstad sê sy pogings om werkskepping te ondersteun, blyk doeltreffend te wees. Kaapstad se werkloosheidskoers vir vanjaar se tweede kwartaal is op 31,3 persent steeds die laagste in al die metro’s. Dit is ook aansienlik laer as die nasionale koers van 44,1 persent. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die stad hou toesig oor talle programme en vennootskappe, wat gemik is op vaardigheidsontwikkeling, sake-groei en beleggings in Kaapstad: