Kaapstad se planne gevorderd vir meer elektrisiteit van Onafhanklike Kragprodusente

Kaapstadse burgemeester Geordin-Hill Lewis sê die stad se planne om meer elektrisiteit van Onafhanklike Krag-produsente te bekom, is in ‘n gevorderde stadium. Hy sê as alles volgens plan verloop behoort honderde MegaWatt-krag in die nabye toekoms by die stad se netwerk gevoeg sal kan word. Ons korrespondet in die Moederstad, Fritz Platt, is aan die woord.