Kaapstad se inentingsplan brei uit

Die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, sê die ontplooiingsplan vir entstowwe in Kaapstad sal hierdie week uitgebrei word om te verseker dat meer inwoners hul inentings ontvang. Plato het die regering versoek om meer entstowwe aan te skaf ten einde die doelwitte te verhoog. Hy het inwoners wat dit nog nie gedoen het nie en wat in aanmerking daarvoor kom, aangemoedig om op die elektroniese entstof-datastelsel te registreer.