Kaapstad reik nog kragverwante tender uit

Die Stad Kaapstad het die jongste in ‘n reeks kragverwante tenders uitgereik. Dit is om die impak van beurtkrag te versag, die stad se energievoorraad te diversifiseer, en afhanklikheid van Eskom te verminder. Die maksimum verkrygde kapasiteit wat in die vooruitsig gestel word, is 300 megawatt se versendbare kragkapasiteit en 200 megawatt se self-versendbare kragkapasiteit. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê dit is in ooreenstemming met die plan om onafhanklike krag by die stad se netwerk te voeg.