Amerikaner met renosterhorings kry borg

ʼn Amerikaanse burger, Derek Lewitton, wat verlede maand in die buurland in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van renosterhorings, is op borgtog van 100 000 Suid-Afrikaanse rand vrygelaat. Hy het in die landdroshof in Namakgale, Limpopo, verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog. Lewitton word aangekla van die onwettige besit van 17 renosterhorings en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die saak is tot 7 Maart uitgestel.