Kaapstad reik lys van bome uit om te plant na kewerplaag

Die Stad Kaapstad het ‘n lys van 28 bome uitgereik wat aanbeveel word om te plant in die plek van bome wat deur die stompneus-kewerplaag vernietig is. Die kewer het in die Helderberg-gebied voorgekom en is baie onlangs ook in Nuweland, Rondebosch, Mowbray, Claremont, Kenilworth en Observatory langs die Liesbeeckrivier opgemerk. Die stad sê die lys aanbevole bome sluit inheemse boomspesies in waarin die kewer nie kan voortplant nie.