Grossi vergader met Russe oor Zaporizhzhia

VN-kernhoof Rafael Grossi het vandag met Russiese amptenare in Kaliningrad vergader vir samesprekings om die veiligheid van die Moskou-beheerde Zaporizhzhia-kernkragsentrale in die Oekraïne te verseker. Die vergadering kom ‘n week nadat hy die aanleg besoek het. Russiese magte het in Maart verlede jaar beheer oor die ses-reaktor-aanleg in die suide van die Oekraïne oorgeneem. Daar is kommer dat die aanleg moontlik beskadig kan word met herhaalde aanvalle in sy gebied. Grossi sê die veiligheid van die kragsentrale is in almal se belang. Zaporizhzhia is die grootste kernkragaanleg in Europa.