Kaapstad-Marathon die naweek

Padwedlope: As ‘n voorloper tot môre se Kaapstad-Marathon het sowat ‘n duisend geesdriftiges by die stad se stadion weggespring vir die twaalf-kilometer en 22-kilometer Vredes-veldwedlope. Die organiseerders sê die atlete styg as’t ware bo die stedelike omgewing uit om die uitsig en die skoonheid van die natuur op die Tafelberg-veldwedlooproetes van Seinheuwel en Leeukop in te neem. Die marathon van 42,2-kilometer word môre vir die eerste keer sedert 2019 aangebied.