Kaapstad maak gereed om inwoners beter teen beurtwag te beskerm

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad se planne om inwoners binne drie jaar teen die eerste vier fases van Eskom-beurtkrag te beskerm, is op dreef. Die drie-fase-verkryging vir beurtkragbeskerming het dié maand verskeie belangrike mylpale bereik. Die burgemeester sê die grootste verkryging, ‘n tender van 500 megawatt om krag op die ope mark aan te koop, is gereed om op die 29ste van die maand te open. Hill-Lewis sê dié tender sal fokus op hernubare energie en noodsaaklike, versendbare tegnologieë: