Ferrari sal Red Bull kan gas gee

Ferrari se nuwe spanbaas, Frederic Vasseur, sê hy is vol vertroue dat sy span deur die loop van die Formule Een-seisoen, Red Bull sal kan uitdaag. Carlos Sainz het die Bahrein Grand Prix byna ‘n minuut stadiger as die Red Bull-wenner Max Verstappen voltooi, terwyl Charles Leclerc aan die wedren moes onttrek weens kragprobleme met sy motor. Vasseur sê Ferrari se pas in die kwalifiseringsronde in Bahrein gee hom egter rede tot optimisme vorentoe. Ferrari is ná die eerste wedren van die seisoen vierde in die vervaardigerskompetisie en 31 punte agter die voorloper, Red Bull.