Kaapstad-lughawe wen groot toekenning

Die Kaapstadse Internasionale Lughawe het die toekenning vir die Beste Lughawe in Afrika in 2021 gewen by die Skytrax Wêreld-lughawe-toekennings. Dit is die sesde agtereenvolgende jaar dat die lughawe hierdie toekenning inpalm. Die Stad Kaapstad se woordvoerder, James Vos, sê hy is trots op die feit dat die stad so nou met die lughawe-span kan saamwerk om ‘n lughawe van wêreldgehalte daar te stel. Hy voeg by die toekenning is verder ‘n bewys van die stad se ekonomiese gereedheid om te kan herstel tydens die Covid-19-pandemie.