Kaapstad kom eerste in Bestuursprestasie-indeks

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die stad se eerste plek onder Suid-Afrika se metro’s in die Goeie Bestuur Afrika se Bestuursprestasie-indeks vir 2024, verwelkom. Die indeks beoordeel die land se stede, en plaaslike en distriksmunisipaliteite, in vyf goeie bestuurskategorieë. Kaapstad is die enigste metro wat ‘n minimum van vier uit vyf behaal in elke meting. Hill-Lewis sê Kaapstad vaar goed in al die kategorieë, en kom eerste vir dienslewing, wat die meeste gewig dra.