Regering voer nie altyd projekte, beleide deur: Ngaringombe

President Nangolo Mbumba het tydens sy staatsrede verwys na die Besigheidsredding-taakspan—een van die inisiatiewe binne die Harambee-voorspoedsplan wat deur wyle president Hage Geingob in Julie 2021 opgestel is. Die projek is veronderstel om op sakereddings-aktiwiteite te konsentreer, en volgens Mbumba is die implementering daarvan op koers. Volgens ‘n verslag wat deur die taakspan uitgereik is, is net 20 persent van die ondernemings wat aansoek gedoen het, se aansoeke aanvaar. Mbumba het in sy toespraak gesê dat die projek ongeveer 50 buitelandse afvaardigings en firmas gelok het wat daarin belangstel om beleggings te maak. Manuel Ngaringombe, die PDM se sekretaris-generaal, het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering het ‘n neiging om nie hierdie tipe projekte en beleide deur te voer nie.