Kaapstad is klaar met perdebye, twee van hulle

Kaapstad het oorlog met twee soorte indringer-perdebye verklaar en agt spanne sal hulle van Vrydag op die uitroeiing van dié perdebye toespits. Die Duitse perdeby, oftewel geelbaadjie-wespe, en die Europese perdeby, is beide aggressief, en broei in die herfs uit. Die perdebye kom al hoe meer in die Moederstad voor en die Kaapstad-metro moes vier bykomende spanne aanstel om hul neste te vernietig.