Kaapstad is in staat om beurtkrag te beperk

Die Stad Kaapstad sê Eskom se voortgesette beurtkrag het ‘n vernietigende uitwerking op sakeondernemings, nywerhede en die oorhoofse ekonomie. Ondernemings word dikwels gedwing om hulle begrotings weg te wys van gebiede soos die aanstelling van meer personeel na maatreëls om die ligte aan te hou. Die burgemeesters-komiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Kaapstad is in staat om beurtkrag te beperk in sy voorsieningsgebiede, deur reserwes op te bou wat onttrek word uit die Steenbras Hidro-pomp-opgaarskema: