Kaapstad gereed vir Sewes-toernooi

Die Kaapstad-stadion is gereed vir aksie terwyl hy voorberei om die naweek die internasionale Sewes-toernooi aan te bied. Dit volg nadat die oppervlak teen ‘n koste van 16 miljoen Suid-Afrikaanse rand vervang is. Suid-Afrika se vrouespan speel Saterdag hulle groepswedstryde teen Frankryk, Kanada en Amerika, terwyl die mans teen Groot-Brittanje, Amerika en Ierland te staan kom. Die Blitsbokke is eerste gekeur nadat hulle verlede naweek die eerste toernooi van die seisoen in Dubai gewen het. Die stadion se uitvoerende hoof, Gina Woodburn, is tevrede met die toestand van die oppervlak: