Kaapstad-burgemeester verwelkom stad se posisie op Time Out-lys

Die Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die tweede posisie verwelkom wat Kaapstad behaal het in die mediamaatskappy Time Out, se 2024-peiling oor die 50 beste stede ter wêreld om te besoek. New York is bo-aan die ranglys. Hill-Lewis sê die skoonheid van Kaapstad is deurlopend deur besoekers uitgewys en besing in hulle antwoorde in dié wêreldwye peiling. Hy sê dit verg ‘n groot spanpoging om aan toeriste ‘n wêreldklas-ervaring te bied.