Gratis toetse vir servikale kanker regdeur land

Die gesondheidsministerie bied gratis servikale kanker-toetse in al 14 streke en alle distrikte aan. Aangesien Januarie die bewusmakingsmaand vir servikale kanker is, word alle vroue tussen die ouderdomme van 20 en 49 aangemoedig om die gesondheidsfasiliteite te besoek en vir servikale kanker getoets te word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die hoof uitvoerende beampte van die Kankervereniging van Namibië, wat alle dames aanmoedig om vir die toetse te gaan.