Kaapstad brei MIV-program uit

Die Stad Kaapstad sê sy Gesondheidsdepartement is op die voorpunt om nuwe MIV- en TB-beleide en -riglyne in te stel wat die nasionale regering van stapel gestuur het. Die stad se MIV-program is uitgebrei om voorkomingstrategieë soos na-blootstelling- en voor-blootstelling-profilakse in te sluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê tussen April verlede jaar en Oktober vanjaar is 47 773 mense by fasiliteite getoets en 825 was MIV-positief: