Duisende daag weer op vir ‘n handvol poste

Meer as ‘n duisend werklose jeugdiges in die Zambezi-streek het Woensdag by Katima Mulilo opgedaag om die toets te skryf om in aanmerking te kom vir 109 poste by die binnenshuise bespuiting-veldtog. Dit is algemeen in die land dat duisendes opdaag vir ‘n handvol poste. Dit wys hoe desperaat mense vir werk is, met amper die helfde van die land se jeug wat werkloos is. Kosmos 94.1 Nuus het met die arbeidskenner Herbert Jauch gesels oor wat hy dink gedoen moet word in hierdie situasie.