Kaapse strande is skoon

Die Stad Kaapstad sê die jongste kuswatermonsters bevestig weer eens die uitstekende watergehalte by sy gewildste strande dié feestyd. Al agt Kaapstad se Blouvlag-strande toon 100 persent voldoening aan die Blouvlag-watergehalte, volgens die onafhanklike ontleding van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde. Die burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en Omgewing, Eddie Andrews, sê al drie toekomstige Blouvlag-strande voldoen nou ook 100 persent aan standaarde: