Hengari vertel oor COP28

Tydens vanoggend se kabinet inligtingsessie het die Presidensie se woordvoerder Alfredo Hengari, terugvoering gegee oor die uitgerekte besoek aan COP28 deur 137 Namibiese afgevaardigdes in Dubai. Hengari sê die regering het 600 miljoen Namibiese dollar vir klimaatsverandering begroot al dra die land nie by tot die probleem nie. Die fondse is eintlik vir droogteverligting bewillig. Hengari het dit so verwoord.

Die 600 miljoen dollar wat die regering begroot het is te min. Amper 900 miljoen dollar is nodig vir die droogtehulp wat uit kospakkies en vee-ondersteuning, meeste vir kommunale boere, bestaan.