Kaapse regering skop vas teen EFF se optog op 20 Maart

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, veroordeel die EFF se oproep om ‘n nasionale stilstand wat vir Maandag beplan word. Hy sê die provinsiale regering neem die saak ernstig op omdat dit die ekonomie kan laat ontspoor. Winde sê hulle volg alle regsroetes om te verseker die EFF is verplig om die oppergesag van die reg te handhaaf en hom te weerhou van vernietigende optrede in die provinsie: