Kaapse onderwys open 2024 skoolaansoeke

Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys se 2024-skooltoelatingsproses het die week amptelik geopen, en sal tot die 14 April duur. Meer as 4 600 aansoeke is reeds ontvang. LUR David Maynier sê hy is bemoedig deur die aantal ouers wat hul kinders se skoolopleiding prioritiseer en seker maak dat hulle betyds aansoek doen. Hy sê verder, die departement se toelatingswebwerf is ‘n gratis diens en geen data is nodig om toegang daartoe te kry nie: