Charles pronk op sy eerste seël as koning

Die Verenigde Koninkryk se koninklike posdiens het die eerste stel spesiale seëls met gewilde blomme en die profiel van koning Charles III daarop, bekend gestel. Anders as die beroemde profiel van koningin Elizabeth, word die koning nie met ‘n lourierkrans uitgebeeld nie. Op een van die eerste seëls van Sy Majesteit is ‘n pronk-ertjie wat een van sy ma se gunsteling blomme was. Die koning het dié blomme vir sy eerste toespraak, ná sy troonbestyging in September verlede jaar, op sy lessenaar gehad. Die seëls word van volgende week af verkoop.