Kaapse onafhanklikheid weer in die nuus

Die Referendum Party in Suid-Afrika sê hulle verwerp Julius Malema se verklaring dat sy EFF-party die mag van die staat sal gebruik om Wes-Kaapse onafhanklikheid te stuit. ’n Peiling wat Victory Research namens die Cape Independence Advocacy Group gedoen het, het aan die lig gebring dat 68 persent van die mense wat in die provinsie woon die idee van ’n referendum oor Kaapse onafhanklikheid steun. Die leier van die Referendum Party, Phil Craig, sê Kaapse onafhanklikheid word vreedsaam en demokraties nagestreef binne die grense van die Suid-Afrikaanse grondwetlike bestel: