Brent daal steeds, wag vir Fed se aankondiging

Brent ru-olie het Dinsdag net meer as 3,5 persent in handel verloor met 6 persent in die laaste sewe dae en net meer as 11 persent in die afgelope maand. Die kommoditeit verhandel net bo 73 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die mark is oorvoorsien en almal wag op hete kole vir die aankondiging deur die Amerikaanse Federale Reserwebank se rentekoers aankondiging vandag. Die bank sal waarskynlik nie rentekoerse sny nie wat vraag na olie negatief sal raak.