Kaapse kormorante vrek langs Namibiese kus

Jessica Kemper van die Lüderitz Mariene Navorsing het massa-vrektes van Kaapse kormorante naby Bird Rock se gwano-platform noord van Walvisbaai bevestig. Die staatsveearts is onderweg om monsters te neem om vir voëlgriep te toets. Die publiek word gemaan om nie aan siek, dooie of sterwende seevoëls langs die kus te raak nie. Die publiek moet Walvisbaai se staatsveearts dringend by 064 205 313 skakel as siek, dooie of sterwende seëvoels opgemerk word. By Lüderitz kan Kemper geskakel word by 081 323 1110. Kemper sê aan Kosmos 94.1 Nuus by Lüderitz is nog nie dooie voëls waargeneem nie.