Kaapse Kamer van Koophandel eis onmiddellike stappe teen beurtkrag

Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê daar moet onmiddellik stappe wees om ‘n voedselsekerheidskrisis in die land weens beurtkrag te vermy. Die kamer sê kragonderbrekings het verkoelingsfasiliteite, wat nodig is tydens die vrugteverpakkingsproses, beïnvloed, aangesien die provinsie 53 persent van Suid-Afrika se landbou-uitvoer hanteer. Die Wes-Kaapse regering het ook ‘n beroep op Eskom gedoen om voedselsekerheid in ag te neem wanneer beurtkrag-skedules toegepas word. Intussen het die Nasionale Tesourie die Stad Kaapstad se kontant-vir-krag-plan goedgekeur.