Besighede maak die meeste skuld, huishoudings meer skuJune 2, 2025
Die jaarlikse groei in die privatatsektor kredietverlening het in April vanjaar op 4,5 persent gestaan, ‘n effense afname van 5 persent in Maart, maar aansienlik hoër as die 1,6 perset wat in April 2024 aangeteken is. Volgens Cirrus het kredietverlening op ‘n maandelikse basis met 0,1 persent gestyg, af van die 0,6 persent groei wat in die vorige maand waargeneem is. Besighede bly die hoofbydraers tot kredietgroei, met ‘n groei van 7,1 persent op ‘n jaargrondslag, terwyl huishoudelike groei effens gedaal het tot 2,7 persent. In totaal beloop die totale krediet 118,4 miljard Namibiese dollar.