Kaapse brand: historiese geboue verwoes

Die Stad Kaapstad sê brandweerspanne was dwarsdeur die nag op die toneel van die bergbrand agter die Universiteit van Kaapstad. Meer as 150 brandbestryders van verskillende stasies regoor die metropool veg teen die brand. Die stad sê lugondersteuning sal vanoggend hervat word. Eiendom waaronder privaat wonings, die Rhodes-gedenkteken en historiese strukture soos Mostert se Meule is ernstig beskadig in die verwoestende brand in Kaapstad. Die Universiteit van Kaapstad se Kanselier Oppenheimer-biblioteek is ook beskadig. Colette Scheermeyer van Erfenis Wes-Kaap sê die ongelooflike skade aan historiese geboue is hartseer: