Kaapse bib kry amper 3 000 laat boeke terug

Die Stad Kaapstad is verheug oor 2 798 boeke, tydskrifte, DVD’s en ander agterstallige items wat terugbesorg is. Leners het verlede maand gebruik gemaak van ‘n tydperk wat met Suid-Afrikaanse Biblioteekweek saamgeval het, waarin geen boetes gehef is nie, om items terug te bring. ‘n Woordvoerder van die stad, Patricia van der Ross, sê van die mees gewilde titels wat teruggekom het, is baie kinderboeke, en veral sprokies: