Kaap Verde 3de Afrika-land wat malariavry verklaar word

Kaap Verde het die derde Afrika-land geword wat malariavry verklaar is, al is die siekte steeds die oorsaak van honderdduisende sterftes op die vasteland. Die Atlantiese eilandgroep van sowat 500 000 inwoners volg Mauritius in 1973 en Algerië in 2019. Sowat 43 lande is wêreldwyd deur die Wêreldgesondheidsorganisasie as malariavry gesertifiseer. Die sertifisering vereis dat die binnelandse oordragketting vir ten minste drie agtereenvolgende jare verbreek is. Namibië sukkel steeds met jaarlikse gevalle.