China is vies oor Amerikaanse gelukwensing aan Lai

China sê hy betreur ‘n verklaring deur die Verenigde State oor die verkiesing in Taiwan, nadat Washington die onafhanklikheid-gesinde Lai Ching-te gelukgewens het met sy oorwinning. Lai het die verkiesing met meer as 900 000 stemme gewen. China beskou Taiwan as deel van sy grondgebied en het nie uitgesluit dat geweld gebruik sal word om die eiland eendag in beslag te neem nie. China erken nie die verkiesing nie.