Kaalswem: SA 7de beste bestemming ter wêreld

Suid-Afrika is as die sewende beste bestemming ter wêreld aangewys om in kaal te swem. Dit is volgens ‘n nuwe meningspeiling deur die avontuur- en buitelugbestemmings-webwerf, Outforia. Frankryk het die eerste plek behaal. Die VSA is in die tweede plek, maar hul nudistekampe het wel die top-posisie behaal. Ander lande op die lys sluit in Spanje, Thailand, Australië, Israel, die Verenigde Koninkryk, Italië en Griekeland. Openbare naaktheid is slegs gedeeltelik wettig in drie van die top tien lande. Faktore waarna die span gekyk het, was onder andere veiligheid, klimaat en bekostigbaarheid.