Jy sal ook opdok as jy Namibiese rookwette oortree

Die Windhoekse Stadspolisie het gereageer op die buurland se Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels, wat bepaal dat enige persoon of onderneming wat sigarette aan minderjariges verkoop, beboet of 15 jaar tronkstraf opgelê kan word. Senior superintendent Adam Eiseb van die Stadspolisie verduidelik die vonnisse vir die oortreding van die Namibiese rookwette aan Kosmos 94.1 Nuus.