Jy kan motor- en bestuurslisensies nou aanlyn kry

Motoriste regoor Namibië kan nou motorlisensies en bestuurslisensies aanlyn bekom in plaas daarvan om vir lang ure by Natis-dienssentrums in rye te taan. Die Namibiese vervoerminister John Mutorwa het die Natis-aanlyndienste amptelik by die Ongwediva Handelskou bekend gestel. Hy het gesê die doelwit is om te verseker dat dienste nader gebring word aan diegene wat dit nodig het. Heleni Fillemon, die Paaie-owerheid van Namibië se woordvoerder, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die aanlyn-dienste werk.