Jy kan heel aand kuier, maar jy kan nie heel aand drink nie

Die aandklokreël is wel vanoggend deur President Hage Geingob opgehef maar, drankverkope is steeds beperk, ook by nagklubs. Die prokureur-generaal Festus Mbandeka het die wetgewing wat tans van toepassing is op drankverkope so uiteengesit.

Die minister van justisie Yvonne Dausab het bygevoeg dat eienaars van dranklisensies staat moet maak op die voorwaardes van hulle lisensies.