Justisie-departement bestudeer Waluś se parool-uitspraak

Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste in Suid-Afrika sê hy gaan die Konstitusionele Hof se beslissing dat die SAKP-hoofsekretaris Chris Hani se moordenaar, Janusz Waluś, op parool vrygelaat word, bestudeer. Die hoogste hof het bevind die minister van Justisie, Ronald Lamola, se besluit om Waluś in 2020 parool te weier, was irrasioneel. Hani is in 1993 buite sy huis in Boksburg doodgeskiet. Die Departement van Justisie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê ‘n besluit sal binnekort geneem word: