Justin is terug vir die Sewes-wêreldreeks

Rugby: Die Springbok-sewes se staatmaker, Justin Geduld, keer na twee jaar terug na die Suid-Afrikaanse groep om aan die komende twee toernooie van die Wêreldreeks deel te neem. Die toernooie vind later die maand in Malaga en Seville in Spanje plaas. Afrigter Neil Powell het nog vier veranderinge aangebring aan sy groep wat die seisoen se eerste twee toernooie gewen het nadat hulle verlede jaar die wêreldtitel gebuit het. Die ander spelers wat terugkeer is Sako Makata, Dewald Human, Mfundo Ndhlovu en Darren Adonis. Powell sê die Blitsbokke sal so mededingend wees as wat hulle nommer-een-posisie voorspel: