#JusticeForAnimals-veldtog bevorder dierewelsynswetgewing

Die N/a’an ku sê-stigting het met ‘n dierewelsynsveldtog, #JusticeForAnimals, begin. Volgens medestigter, dr. Rudie van Vuuren, is Namibië se dierewelsynswet al ouer as 60 jaar. Hy sê die bestaande wette is vaag, verouderd en onbevoeg om die welsyn van troetel-, plaas en wilde diere te verseker. Hy doen ‘n beroep op die regering om noodsaaklike veranderings aan wetgewing aan te bring. Advokaat Ronel Lewies gaan volgende Woensdag ‘n werkswinkel in dié verband in die hoofstad aanbied.