Jusitisieminister sê reg moet sy loop neem oor geskorste landdros 

Die Suid-Afrikaanse departement van justisie en korrektiewe dienste sê die geskorste Pretoriase landdros, Desmond Nair, is van wangedrag aangekla ingevolge die Wet op Landdroste en die Geregtelike Gedragskode vir Landdroste. Nair het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie. Hy het na bewering sekerheids-opgraderings ter waarde van 200 000 Suid-Afrikaanse rand vir sy huis in Silverton van Bosasa aanvaar. Die woordvoerder, Chrispin Phiri, sê minister Ronald Lamola glo die reg moet sy loop neem.