Jurie sal Stellenbosch moet betaal, meer as R37m

SA Rugby se voormalige uitvoerende hoof, Jurie Roux, moet die Universiteit Stellenbosch 37 miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal nadat hy sy jongste hofaansoek oor die terugbetaling van die geld, verloor het. Hy het universiteitsfondse sonder raadsgoedkeuring toegeken, toe hy tussen 2002 en 2010 op die instelling se finansiële komitee gedien het. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het beslis Roux sal benewens die terugbetaling van die geld wat hy die universiteit skuld, ook rente daarop moet betaal, en die koste van die aansoek dra.