Jurie Roux verloor sy arbitrasieappèl

Rugby: Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Jurie Roux, het sy arbitrasieappèl verloor en sal 37-miljoen-rand moet terugbetaal wat hy by die Universiteit Stellenbosch wanbestee het. Roux het tussen 2002 en 2010 senior poste in die universiteit se finansiële departement beklee en is daarvan beskuldig dat hy ongemagtigde fondse na die Maties-rugbyklub en verwante aktiwiteite gekanaliseer het. Daar is bevind Roux het die bepalings van sy kontrak met die universiteit verbreek, deur nie in hullel beste belang op te tree nie.