Jürgen Klopp gaan Liverpool verlaat

Sokker: Jürgen Klopp het onverwags bekendgemaak hy ontruim sy pos as bestuurder van Liverpool aan die einde van die seisoen. Hy is in Oktober 2015 aangestel en sy kontrak strek tot in 2026. Die 56-jarige Duitser sê hy het die Engelse klub reeds in November van sy voorneme verwittig en sê sy blus is uit. Liverpool het onder Klopp se bestuur ses trofeë verower, insluitende dié vir die Kampioeneliga in 2019 en die Premierliga die daaropvolgende jaar. Die span is tans bo-aan die Premierliga en het gekwalifiseer vir die eindstryd van die Carabao-beker.