Internasionale Geregshof beslis SA kan saak van volksmoord open

Die Internasionale Geregshof het die humanitêre situasie in Gaza erken toe hy sy uitspraak gelewer het oor Suid-Afrika se mondelinge argumente oor Israel se beweerde volksmoord-dade teen Hamas. Die president van die hof, Joan Donoghue, het verklaar Suid-Afrika het die reg om ‘n saak van volksmoord teen Israel aanhangig te maak. Sy sê die hof kom tot die gevolgtrekking daar is ‘n prima facie-saak, wat aandui daar is voldoende bewyse is om voort te gaan.