Junior Bokke is gereed vir Argentinië môre

Die kaptein van die Junior-Springbokke, George Cronje, sê die ondervinding wat in die wedstryd teen Uruguay in die Onder-20 Internasionale reeks opgedoen is, sal sy span help in hulle benadering vir die wedstryd teen Argentinië. Cronje speel in die agtsteman-posisie en die onderkaptein, Jordan Hendrikse is die losskakel wanneer hulle môre in die tweede ronde van die reeks teen Argentinië op Stellenbosch, in die Wes-Kaap te staan kom. Hy sê hulle is bewus van die bedreiging wat die Argentyne inhou: