Julius Malema vaar uit by PAP

Die Pan-Afrika Parlement was veronderstel om sy leierskap vandag te kies, maar chaos het weer in die parlement oorgeneem. Buite die parlement het die EFF-leier Julius Malema lede van PAP van korrupsie beskuldig. Hy sê hy vermoed iemand steeks iets weg, daarom wil die huidige leierskap aan hul mag vasklou. Malema het verder gesê hul doel is om PAP in die regte rigting te stuur, terwyl ander hul oë op geld het.