Julius Malema reik hand van vriendskap uit na Indiërs

Die leier van die EFF in Suid-Afrika, Julius Malema, het met ‘n versoeningsboodskap na Indiërs gegaan toe hy die voorstad Phoenix in Durban besoek het. Ses-en-dertig mense is in Julie dood toe betogings en plundering in die gebied uitgebreek het. Malema het toe Indiër-inwoners vir die moorde geblameer. Hy het ‘n beroep op vrede gedoen en gesê almal is welkom by die EFF. Malema het beklemtoon mense wat gewere dra en onskuldige mense skiet, moet vervolg word.