Juice-ruimtetuig gaan Jupiter verken

‘n Europese ruimtetuig is op ‘n dekade lange reis om Jupiter en drie van sy ysige mane te verken, wat versteekte oseane kan hê. Dit sal die robot-ontdekker, wat Juice gedoop is, agt jaar neem om Jupiter te bereik, waar hy nie net die sonnestelsel se grootste planeet sal verken nie, maar ook die mane Europa, Callisto en Ganymede. In wat moontlik die mees indrukwekkende taak sal wees, sal Juice probeer om ‘n wentelbaan om Ganymede te betree. Geen ruimtetuig het nog ooit ‘n ander maan as ons eie omsirkel nie.